AANBIDDING
WAAR JY BETROKKE
KAN RAAK?
VOORSANG
Word deel van ons voorsanggroep en help ons gemeente om die Here te loof en prys met geesvervulde oorgawe.
Kontak vir Janneman Robberts by
073 198 9099
Help ons om die erediens elke Sondag "EPIC" te maak, deur deel te word van ons rekenaaroprateur span, wat die preke vir ons opneem en ons help met visuele hulpmiddels.
Kontak die Kerkkantoor of leraars as jy wil deel word van die span.
REKENAAROPERATEURS

EREDIENSWERKERS
Die eredienswerkers van ons gemeente bedien die geloofsfamilie op verskeie maniere, vanaf die Nagmaal, tot offergawes opneem.
Kontak vir Kenneth Venter by
082 880 4079
TELSPANNE
As jy 'n oop tydjie het in die week en jy wil graag diensbaar wees, dan kan jy deel word van ons telspan wat help om die offergawes en deurkollekte op te tel.
Kontak vir Ds Jaco van Niekerk by
082 804 1810
GELOOFSGIMNASIUM
Ons geloofsfamilie ontvang weeklikse geestelike pitkos deur ons Geloofsgimnasium. Jy kan dit by die Kerkkantoor of by die dienstafel kry.