FASILITEITE

SAAL

Ná vele fondsinsamelings deur (onder andere) die Vrouehulpdiens van die 40'er en 50'er jare, is ons kerksaal in 1960 opgerig.  Benewens die saal en die verhoog bevat die gebou ook 'n groot ingangsportaal met 'n klein stoorkamertjie en toilette, 'n groot kombuis, lang stoep, biblioteek (vroeër die kerkkantoor) en heelwat stoorruimte onder die verhoog.

KERKKANTOOR

Die huidige kerkkantoor is in 2003 ingerig en toegerus met moderne en doelmatige toerusting.  Die administratiewe kantoor met 'n koeëlvaste ruit en ander veiligheidskenmerke word deur twee dames beman.  Die kerkkantoor huisves ook kantore vir die leraars, 'n konferensiekamer, kombuis en stoorkamer.  Slegs 'n binnedeur skei die CMR-kantoor en die kerkkantoor.  

KERK

Ons huidige kerkgebou is ons gemeente se 3de.  Die 1ste kerkgebou is laat in die 19de eeu opgerig en was (na oorlewering) 'n sinkgebou met 'n misvloer.  Dié kerkgebou is vroeg in die 20ste eeu met 'n kerk van sandsteen vervang.  Hierdie kerkgebou is weer in 1944 gesloop en in 1945 vervang met die huidige kerkgebou, ook van sandsteen.

KOFFIEKROEG

In 2015 het 'n droom waar geword:  'n koffiekroeg met kofiiemasjiene is op die stoep tussen die saal en die kerk ingerig.  Hier bedien barsitaspanne om die beurt koffie op Sondae, asook tydens ander byeenkomste en geleenthede.  Sedert 2015 het koffie 'n baie belangrike deel van ons definisie as geloofsfamilie geword!

JEUGLOKALE

'n Dubbelverdiepinggebou met klaskamers is in 1970 aan die noordekant van die saal aangebou.  Die onderste vloer huisves die kantoor van CMR Ermelo en die kerkkantoor.  Die boonste vloer bevat die jeuglokale.  Hierdie lokale is in 2017 nuut ingerig as eietydse en doelmatige jeuglokale.

GEDENKTUIN

Op versoek van ons eie lidmate is die gedenktuin in 2002 opgerig.  Die tuin bevat ongeveer 240 nisse waar die oorskot van geliefdes geberg word.  Die gedenktuin is gebou rondom 'n monumentjie wat die 100-jarige viering van die Groot Trek in 1938 herdenk, en is ook inrig as 'n rustige tuin met bankies waar lidmate wat die tuin besoek, graag vertoef.

KONTAK

Tel: 017 811 4581

Faks: 017 811 1470

Navrae: admin@ngkermelo.co.za

Kantoorure:

Maandag - Vrydag: 08:00 - 12:30

ADRES

H/v Jan van Riebeeck & Joubert

Ermelo

2350

www.ngermelo.com

  • Facebook Social Icon
  • YouTube Social  Icon

© 2018 by NG Ermelo