
Logo
Kerktafel
Fokus op ons verhouding met God Drie-Enig:
Blou – Suggereer Jesus is ons Koning.
Bybel – Woord van God staan sentraal in ons gemeente.
Kruis – Ons Identiteit = Christene/Dissipels (Christus ons verlossing).
Duif & Tong van Vuur: Heilige Gees – ons is nuwe mense, in Jesus en deur die werking van die Gees.
Huistafel
Fokus op ons verhouding met mekaar:
Rooi – Suggereer die bloed van Jesus is oor elke huis in ons geloofsfamilie.
Kruis – Elke huis dra Jesus se kruis.

Gemeenskapstafel
Fokus op ons verhouding met ons naaste:
Groen – Suggereer God se skepping, die wêreld, die gemeenskap waarin ons leef en werk.
Hande – Ons vat hande met mekaar en God om saam te werk.
Kruis – Ons verkondig die goeie nuus van die kruis aan almal.
Lig wat uitstraal – Ons is die lig vir die wêreld.

