Meer oor ons Geloofsfamilie
As geloofsfamilie is die “Tafel” vir ons baie belangrik. Waarom nou juis ‘n tafel? Die Tafel is ‘n metafoor wat ons gebruik om ons verhoudinge met God, mekaar en ons naaste te beskryf. Die Tafel is die gemeenskaplike plek waar alle families aan mekaar verbind word. Dis daar waar ons saam eet, saam kuier, saam na mekaar se verhale luister, saam waardes en norme vestig, saam ons identiteit ontdek, saam groei in ons verhoudinge met mekaar. Die Tafel is ook die plek waarheen God ons nooi, om gevoed, versorg, verlos en vernuwe te word.


