Welkom by NG Ermelo Geloofsfamilie waar ons lief is vir god, mekaar en ons naaste ...

Toekomstige Aktiwiteite
25 Desember
18 Januarie
26 Januarie

Kersfees Tuis

Ds Luné neem vanjaar op 25 Desember om 08:00 ons Kersfees Tuis-erediens waar.

Hierdie Kersdiens is vir almal - ons eie lidmate, ander Ermeloërs, ons vriende, ons familie, instappers ...

Bring jou kuiergaste saam!  Moenie verskonings aanvaar nie (soos "ons het nie kerkklere gebring nie").  Hier by ons is 'n reël:  jy kom soos jy is.

Ermelo se eie diva/Tina Turner/die vrou met die engelstem, Jeana Motsamai, gaan vanjaar ons Kersdiens 'n bietjie inkleur.

Welkom, Jeana!

Skoolwinkel

Ons 1ste feesjaarprojek is ons skoolwinkel. Ons moedig almal aan om gedurende die Desembervakansie so nou en dan saam met hul inkopies 'n balpuntpen, 'n HB-potlood, 'n uitveer, 'n potloodskermaker, 'n stoppuntskêrtjie, 'n liniaal, 'n pakkie inkleurpotlode, 'n buisie gom, 'n pennesakkie, bruinpapier, 'n rolletjie plastiek, 'n rolletjie kleeflint - enigiets in daardie lyn - te koop.  Bring dit dan op Sondae saam na die erediens of in die week na die kerkkantoor.  Saterdag 18 Januarie is dan skoolwinkel.  Ons nooi graag almal wat nie nuwe skyfbehoeftes vir hul kinders kan bekostig nie, om op by ons te kop "koop" - sonder geld.

Nooi ook intussen iemand wat jy weet kan baat vind by hierdie projek om daardie oggend saam met jou by ons te kom koffie drink ... en ook 'n paar gratis items uit ons skoolwinkel te neem.

Jy kan ook persoonlik by die projek betrokke raak!  Hoe?  Deur in ons skoolwinkel te kom werk, koffie te kom skink, geselsies te kom aanknoop, ens.

Praat gerus met ds Luné of ds Jaco hieroor (kontakbesonderhede te vind by "kontak ons".

Ons ontvang ons nuwe dominee

Eintlik is sy al 'n ou bekende ...!  Tog gaan ons ons nuwe dominee op 26 Januarie tydens die erediens om 09:30 feestelik ontvang. 

Ja!  dit gaan 'n fees-erediens wees!  Dis ds Luné se 1ste gemeente - daarom bevestig ons haar met handoplegging;  ons gaan 'n paar toesprakies maak, geskenke gee, lofmusiek maak en sing ...

Ds Luné lewer ook haar by dieselfde geleentheid haar intreepreek, en bedien dan ook die Nagmaal.

Ons nooi al ons lidmate, oud-lidmate, vriende, bloed- en geloofsfamilie, ander Ermeloërs, ons gemeente en dorp se leraars en oud-leraars, en enige ander belangstellendes om by ons te kom kuier.

Na afloop van die erediens doen ons natuurlik ook die kuier-en-feesding

KOM KUIER GERUS DIE NAWEEK
BY ONS GELOOFSFAMILIE

Die 1ste helfte van 2019

Kerk en CMR Missionale vennote

SONDAG PROGRAM

Erediens 09:30

 

Jeuggroepe 10:30

Kleuter en Kinderkerk

09:30 in die Saal

Tienerkerk 09:30 in die Saal

Geloofsfamilie saamkuier by die koffiekroeg om 10:30

WATERKRUIK

Laai gerus ons weeklikse nuus en gebeure hier af om op hoogte te bly. 

KOM SLUIT GERUS AAN BY ONS GELOOFSFAMILIE
of los vir ons enige boodskap.

Vul die onderstaande vorm in.  Ons kontak jou binnekort.

KONTAK

Tel: 017 811 4581

Faks: 017 811 1470

Navrae: admin@ngkermelo.co.za

Kantoorure:

Maandag - Vrydag: 08:00 - 12:30

ADRES

H/v Jan van Riebeeck & Joubert

Ermelo

2350

www.ngermelo.com

  • Facebook Social Icon
  • YouTube Social  Icon

© 2018 by NG Ermelo