top of page

Oor ons
Hierdie gemeente is 5 November 1870 gestig deur ds Frans Lion Cachet. Die dorp het eers later rondom die gemeente ontstaan. Ons is geleë in die middel van Ermelo, wat ons daaraan herinner dat ons hier is om in die gemeenskap 'n verskil te maak. Ons is die vierde oudste gemeente in die Oostelike sinode en een van die honderd oudste steeds bestaande NG gemeentes. Hierdie gemeente het tans haar dertigste leraar, wat ook die eerste vroulike leraar is in die gemeente. Ons is 'n geloofsfamilie wat werklik vir mekaar omgee. Almal is welkom by ons - en as jy eers hier is, sal jy werklike "tuiskoms" beleef. Ons is 'n geloofsfamilie wat saam bid, saam groei en ook lekker saam kuier.
ons mense:
Hennie Greef
Faktotum/Koster
082 906 3052
bottom of page